Begrafplaas besoek


Begrafplaas besoek

Grys grou gesigte van die verlede Groet my by die hek
Gesigte met n naam en van in wit geets
Elke gesig hier is gemerk met ñ begin en verval datum
So baie trane het eens hier by elke gesig geloop.
Als hier lyk vir my so grys, so grou en finaal.
In stilte wonder ek.
Hoeveel drome vervul of in wording lê hier begrawe.
Hoeveel geliefdes onthou nog hul wense, drome en passie.
Soos ek deur die gesigte van die verlede loop vrae ek.
Geliefdes van my plant vir my ñ boom
Bere my in jul hart.
Laat my daar verder lewe, want my liefde vir jul sal geen verval datum hê
Almal het al ñ besoek hier kom maak.
Dit laat my altyd koud
My wens is my geliefdes
Bêre my in jul hart
Laat my daar vêrder lewe
Die dood is nie die einde
Dit is net ñ nuwe begin
In gees sal ek jul verder drae

Poem Rating:
Click To Rate This Poem!

Continue Rating Poems


Share This Poem